| Décor Dreams is baie trots op hulle unieke produkte. Ons produkte word van 'n duursame materiaal, Hydrostone,
gemaak en daarna met 'n veilige nie-toksiese verf (Dala) afgerond en verfraai. Die produkte is ons eie unieke idees. Die oorspronklike item word uit klei
gevorm en dan word daar 'n gietvorm daarvan gemaak. Hydrostone word volgens 'n
spesifieke formule voorberei en dan in die gietvorm gegooi. Wanneer dit hard
genoeg is, word dit uitgehaal. Nadat dit droog is. word dit mooi skoon en glad
gemaak. Die produk is nou gereed om geverf te word met die mooiste kleure verf
wat deur Dala verwe vervaardig word. Heel laaste word 'n verseëlaar aangespuit
om die produk te beskerm.
Ons almal wil graag vir ons kinders 'n mooi en interessante kamer inrig. Décor
Dreams bied 'n baie groot verskeidenheid items aan vir kinderkamers.
Daar is plaasdiere, wilde diere, vervoer, see-items, goggas, feetjies, blomme, skoenlappers
en nog meer. Décor Dreams het ook 'n spesiale afdeling wat
dogtertjie-tooisels
aanbied. Persone wat die Décor Dreams produkte in hulle omgewing wil bemark, is welkom om met
ons te skakel.
Indien iemand 'n spesiale versoek het en groter hoeveelhede benodig, is ons
bereid om dit te skep en te vervaardig volgens spesiale behoeftes of binne 'n
bepaalde tema. Dit is dus die ideale item om daardie aftree-vakansiehuis, nuwe
woonplek of afgeleefde vertrek op te kikker en te versier. Ons hoor graag
van persone met spesiale versoeke vir gastehuise, skole en kleuterskole, daardie
droom-babakamer, nuwe woonhuis, ens.
Besoek ons Décor Dreams Gallery vir foto's van sommige van ons produkte.
Meer inligting oor bemarkings-moontlikhede van Décor Dreams
se
pragtige produkte.
|
 |