Bemark die Décor Dreams droom
Wil u graag ons pragtige produkte in u
omgewing bemark en help verkoop?
Skakel dan met Décor Dreams
vir meer
inligting hoe om een van ons bemarkers te word. As u geen vrae het nie en dadelik wil aansluit, vul dan sommer gou ons
aanlyn Registrasievorm in
en stuur. Ons hoor graag van u.
Décor Dreams is geleë in Brackenfell, Kaapstad, Suid-Afrika. Ons voorsien tans
winkels in Suid-Afrika en het ook agente wat ons produkte bemark in sommige
omgewings. Groot maatskappye of kettingwinkels is egter welkom om
direk met ons te skakel om ons
produkte te bemark en verkoop in hulle winkels en takke.
Ons sal graag ook wil skakeling
bewerkstellig met kleiner winkeleienaars wat ons produkte wil verkoop of
bemark. Geskenk-, aandenkings of soewenierswinkels, snuistery- of
rariteitewinkels, bloemiste, kwekerye en tuin-sentrums of boek- en
kaartjiewinkels, dekor- en binnenshuis-versierings-maatskappye, en so meer.
Die pryse is bekostigbaar en daar word gepoog ons produkte al hoe wyer te bemark
vir beter beskikbaarheid aan die publiek. Om in daardie doel te slaag, werf
ons tans nog meer agente en/of bemarkers.
Ons is ook in proses om ons internasionale
teenwoordigheid uit te brei. Om die oorsese markte te bereik, wil ons
graag kontak maak met agente en winkels
wat belangstel om ons produkte in daardie dele te bemark. Hier dink ons dadelik
aan dele soos Australië
en Nieu-Seeland, Engeland, Amerika, Kanada, Duitsland, Engeland, Frankryk, ens. Ons is reeds by SAID geregistreer om
uit te voer. Indien iemand 'n spesiale versoek het en groot hoeveelhede benodig,
is ons bereid om dit te skep en te vervaardig volgens spesiale behoeftes
of binne bepaalde temas of kleure.
Dit is ook 'n ideale geleentheid vir iemand om sy eie besigheid te begin met 'n
pragtige en maklike bemarkbare reeks produkte. Ons het 'n beginnerspakket wat
privaat persone kan aankoop, waarmee bestellings geneem kan word. 'n Ander
manier is om self te besluit watter produkte aangekoop moet word vir bemarking.
Dus, voornemende bemarkers of agente kan 'n
beginnerspakket ("starter kit") saamstel volgens eie
keuse en behoeftes. Voornemende bemarkers kan ook 'n begrotings-bedrag
voorstel, waarna
Décor Dreams 'n pakket kan voorberei, net gereed vir gebruik.
Beginnerspakkette varieer dus, sodat dit toepaslik vir die bemarker se
teikenmark is. 'n Maklike manier vir individue om Décor Dreams se produkte
te begin bemark, is by kleuterskole, crèches of huis-partytjies.
Die besonderse en fraai reeks Décor Dreams produkte verkoop homself, juis omdat dit so uniek, kleurvol en van 'n hoë
gehalte is. Nie alleen is dit baie bruikbaar en dekoratief nie, maar ons
verfraaiings vir
dogtertjies is baie oulike en skattige geskenkies. Indien iemand 'n spesiale versoek het en groter hoeveelhede benodig,
is ons bereid om dit te skep en te vervaardig. Daar is dus talle moontlikhede
vir bemarkers om iets aangenaams en pragtig te verkoop.
Ons hoop u sal net so opgewonde soos ons wees oor
Décor Dreams se unieke reeks produkte. Ons sien uit daarna om u as 'n
agent, verteenwoordiger of bemarker te registreer.
Vul die Navraag in, verskaf u besonderhede en ons stuur
volledige inligting oor ons bemarkings-moontlikhede. Of gaan sommer voort
en vul die aanlyn-Registrasievorm in. |